Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 2:13-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

14. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

15. Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.

16. Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 2