Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:12-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?

13. As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.

14. En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;

15. en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.

16. Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;

17. en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;

18. dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

19. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

20. Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

21. Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens.

22. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

23. maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.

24. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

25. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.

26. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15