Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 15:11-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.

12. As dit dan gepreek word dat Christus uit die dode opgewek is, hoe sê sommige onder julle dat daar geen opstanding van die dode is nie?

13. As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.

14. En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;

15. en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.

16. Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;

17. en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;

18. dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

19. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.

20. Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 15