Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 13:8-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.

9. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

10. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

11. Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ek die dinge van ’n kind afgelê.

12. Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

13. En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 13