Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 13:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

6. is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

7. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8. Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.

9. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

10. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 13