Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 13:3-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

4. Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

5. handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

6. is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

7. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Lees volledige hoofstuk 1 Korinthiërs 13