Ou Testament

Nuwe Testament

1 Johannes 3:15-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Elkeen wat sy broeder haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.

16. Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.

17. Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?

18. My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

19. En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel,

20. want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles.

21. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God;

22. en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

23. En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het.

24. En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.

Lees volledige hoofstuk 1 Johannes 3