Ou Testament

Nuwe Testament

1 Johannes 2:17-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

18. KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.

19. Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.

20. En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.

21. Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.

22. Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.

23. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Johannes 2