19. Mans, julle moet julle vroue liefhê en julle moenie griewe teenoor hulle opbou nie.
20. Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers gehoorsaam wees, want dan is die Here tevrede.
21. Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders sodat hulle moed verloor nie.
22. Slawe, julle moet julle eienaars hier op aarde in elke opsig gehoorsaam. Julle moenie mense probeer tevrede stel deur net te werk as iemand kyk nie. Nee, werk met opregtheid van hart omdat julle eerbied vir die Here het.
23. Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.
24. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus!
25. Wie onreg doen, kry hulle onreg terug. God trek niemand voor nie.