Hy het egter nie hulle kinders laat doodmaak nie, want die Here verbied dit in die wetboek van Moses. Daar staan dat ’n ouer nie vir die oortreding van ’n kind, of ’n kind vir die oortreding van ’n ouer die doodstraf kan kry nie. Elkeen moet vir sy eie oortredings gestraf word.