Jesus het gesê: “Luister na nog ’n gelykenis. Daar was ’n man wat ’n klomp wingerdstokke op sy grond geplant het. Hy het ’n muur rondom die wingerd gebou en ’n parskuip gereedgemaak. Hy het ook ’n hoë toring gebou waarop iemand kon staan om die wingerd op te pas. Daarna het hy die wingerd verhuur aan ander mense. Toe het hy weggegaan.