Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 9:6-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Laat staan julle onkunde,sodat julle kan lewe!Kom, begin met insig lewe!”

7. Hy wat ’n spotter wil reghelp, sal afgejak word. Hy wat ’n goddelose mens op die regte pad wil help, sal seerkry.

8. Moenie hom wat spot, teregwys nie. Hy sal jou daarvoor haat. Wys iemand tereg wat wys is, en hy sal lief wees vir jou.

9. Gee jou raad vir ’n wyse mens, en hy sal groter wysheid kry. Onderrig ’n regverdige, en sy kennis sal vermeerder.

10. Wysheid begin daar waar daar ontsag vir die Here is. Hy wat die heilige God ken, het werklik insig.

11. Wysheid verleng jou lewe, gee jou meer lewensjare.

12. As jy wysheid kry, geniet jy self die voordeel daarvan. As jy dit verafsku, dra jy self die verantwoordelikheid.

13. Dwaasheid is soos ’n luidrugtige vrou,stadig van begrip en sonder kennis.

14. Sy sit by haar voordeur, op hoë plekkewat uitkyk oor die stad.

15. Sy roep na elkeen wat verbykom en op die regte pad loop.

16. Vir dié wat nog moet leer, sê sy: “Draai af hiernatoe.”Vir dié wat nog kennis kortkom, sê sy:

17. “Water is soeter as dit gesteel is. Kos wat skelm geëet word, is baie lekker!”

18. Hulle wat na haar toe gaan, besef nie dat die dooies daar bly nie. Hulle wat haar uitnodiging aanvaar, is al klaar in die doderyk.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 9