Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 9:4-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. “Almal wat nog moet leer,kom eet by my!” Dié wat nog onkundig is, het sy genooi:

5. “Kom eet die kos wat ek gemaak het. Kom drink van die wyn wat ek ingeskink het!

6. Laat staan julle onkunde,sodat julle kan lewe!Kom, begin met insig lewe!”

7. Hy wat ’n spotter wil reghelp, sal afgejak word. Hy wat ’n goddelose mens op die regte pad wil help, sal seerkry.

8. Moenie hom wat spot, teregwys nie. Hy sal jou daarvoor haat. Wys iemand tereg wat wys is, en hy sal lief wees vir jou.

9. Gee jou raad vir ’n wyse mens, en hy sal groter wysheid kry. Onderrig ’n regverdige, en sy kennis sal vermeerder.

10. Wysheid begin daar waar daar ontsag vir die Here is. Hy wat die heilige God ken, het werklik insig.

11. Wysheid verleng jou lewe, gee jou meer lewensjare.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 9