Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:21-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Ek maak húlle ryk wat my liefhet. Hulle pakkamers maak ek propvol.”

22. “Die Herehet my heel eerste gemaak. Ek was al daar voor Hy die res gemaak het.

23. Ek is voor die tyd al gevorm, heel aan die begin, voor die aarde daar was.

24. Ek is gebore toe die diep watersnog nie eers daar was nie, toe die fonteine nog nie water gegee het nie.

25. Ek het reeds gekom voor die berge gevestig isen daar heuwels was.

26. Ek was daar voor die Here die aarde met sy vlaktes gemaak het, voor Hy selfs die eerste grond van die aarde gemaak het.

27. Ek was al daartoe Hy die hemelkoepel op sy plek geplaas het, toe Hy die horison oor die see afgemerk het.

28. Ek was al daar toe Hy die wolke daarbo gesit heten die fonteine onder die diep waters laat uitborrel het.

29. Ek was alreeds daar toe Hy die see se grens bepaal het sodat dit nie die grens kan oorsteek wat Hy daarvoor gestel het nie. Ek was daar toe Hy die fondamente van die aarde afgemerk het.

30. Soos ’n boumeesterwas ek elke dag langs Hom. Ek was elke dag sy vreugde. Die hele tyd het ek dit by Hom geniet.

31. Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het. Die mense wat Hy gemaak het, het my vreugde gegee.”

32. “My kinders, luister na my. Hulle wat op my pad bly, sal geseënd wees.

33. Luister wat ek julle leer sodat julle wys kan wees. Moenie dit ignoreer nie.

34. Dit sal goed gaan met elke mens wat na my luister, wat elke dag na my huis toe kom en buite by my deur vir my staan en wag.

35. Hy wat my kry, kry die lewe self. Hy geniet die gunsvan die Here.

36. Hy wat my nie wil vind nie, doen skade aan homself. Hy wat my haat, is lief vir die dood.”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8