Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wysheid self staan en roep. Insig laat haar stem hoor.

2. Sy staan by die hoë plekke langs die pad. Sy staan daarwaar die paaie mekaar kruis.

3. Sy staan by die ingang van die stad. Sy roep uit by die poorte:

4. “Ek roep na julle almal. Ek roep hardop na alle mense:

5. Julle wat nog ervaring kortkom, moet verstandig word. Dié wat dwaas optree, moet insig ontwikkel.

6. Luister na my. Ek het iets belangriks om te sê.Elke woord uit my mond is opreg.

7. Ek praat die volle waarheid.Vir bedrog het ek nie tyd nie.

8. Alles wat ek sê, is reg.Daar is niks daarin wat krom of verdraai is nie.

9. Hulle wat insig het,weet dat ek reguit praat. Hulle wat na kennis soek, weet wat ek sê, is reg.

10. Aanvaar eerder wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer. My kennis is meer werd as goud.

11. Wysheid is baie meer werd as edelstene.Daar is niks wat jy kan begeerwat teen wysheid kan opweeg nie.”

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8