Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:20-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Hy is weg met ’n beursie vol geld. Eers met volmaan sal hy weer terugkom.”

21. So oorreed sy die jong man met haar mooipraatjies. Sy verlei hom met haar gladde tong.

22. Hy loop dadelik agter haar aan. Hy was soos ’n bees wat na die slagpale gelei word. Hy was soos ’n wildsbok wat in die slagyster trap

23. en ’n pyl kloof sy hart. Hy was soos ’n voël wat blindelings in ’n vangnet vasvlieg. Hy het nie geweet dat sy lewe verby is nie.

24. Luister na my, my seuns. Slaan ag op wat ek sê.

25. Moenie julle ophou met so ’n vrou nie. Bly uit haar pad uit.

26. Baie is al op haar kerfstok. Sy het al talle sterk mans so laat ondergaan.

27. Haar huis is die kortpad na die doderyk, die voorportaal van die dood.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7