Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:12-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Dán was sy in die strate en dán weer op die stad se plein, by elke hoek het sy gestaan en rondloer.

13. Sy het by die jong man gekom en hom omhels. Ewe skaamteloos sê sy vir hom:

14. “My maaltydoffers het ek vandag gebring,en my geloftes betaal.

15. Ek het nou na jou toe gekom. Ek het na jou gesoek en hier het ek jou nou gekry.

16. Ek het my bed oorgetrek met beddegoed van bont Egiptiese linne.

17. Ek het my bed geurig gemaak met mirre, aalwyn en kaneel.

18. Kom ons verlustig ons in liefdeslus,dwarsdeur die nag tot môre-oggend.

19. My man is nie by die huis nie. Hy is weg op ’n lang reis.

20. Hy is weg met ’n beursie vol geld. Eers met volmaan sal hy weer terugkom.”

21. So oorreed sy die jong man met haar mooipraatjies. Sy verlei hom met haar gladde tong.

22. Hy loop dadelik agter haar aan. Hy was soos ’n bees wat na die slagpale gelei word. Hy was soos ’n wildsbok wat in die slagyster trap

23. en ’n pyl kloof sy hart. Hy was soos ’n voël wat blindelings in ’n vangnet vasvlieg. Hy het nie geweet dat sy lewe verby is nie.

24. Luister na my, my seuns. Slaan ag op wat ek sê.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7