Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Bly altyd by wat ek vir jou sê, my seun.Koester wat ek vir jou voorskryf in jou binneste.

2. Bly daarby sodat jy kan lewe. Laat dit wat ek vir jou leer vir jou so kosbaar wees soos die appel van jou oog.

3. Sit dit aan jou vingers soos ’n ring. Skryf dit uit op die tafel van jou hart.

4. Sê vir die wysheid: “Jy is my suster.” Maak insig ’n lid van jou familie.

5. Dit sal jou weghou van die onsedelike vrou af. Dit sal jou beskerm teen die vreemde vrou met haar verleidelike praatjies.

6. Ek was eendag by die venster van my huis,ek het deur die gordyn staan en kyk.

7. Ek sien toe jongmense op straat wat nog baie moet leer. Tussen hulle was ’n jong man wat nie van beter geweet het nie.

8. Hy het met die straat afgekomen naby die hoek van hierdie vrou se huis verbygegaan.

9. Dit was so teen skemeraand, die donker het begin toesak.

10. Die vrou, aangetrek soos ’n prostituut, het na hom toe geloop.Sy het slim planne gehad.

11. Sy was luidrugtig en uitdagenden kon nie by die huis bly nie.

12. Dán was sy in die strate en dán weer op die stad se plein, by elke hoek het sy gestaan en rondloer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7