Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:14-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Amper het ek geheel en al in slegtigheid verval, voor die oë van die hele samelewing.”

15. Drink die water uit jou eie put. Drink by jou eie fontein.

16. Moet jou fonteine in die strate uitloop? Moet jou water die pleine oorstroom?

17. Hou jou water vir jouself. Deel dit nie met vreemdelinge nie.

18. Laat jou eie fontein vir jou tot seën wees. Geniet jou eie jong vrou.

19. Sy is die bokkie wat jy liefhet. Laat haar borste vir jou vreugde gee. Laat haar liefkosings jou die hele tyd oorweldig.

20. My seun, waarom sou jy meegevoer raak deur ’n slegte vrou? Waarom sou jy liefde by ’n vreemde vrou gaan soek?

21. Die Here sien alles wat ’n mens doen. Hy weeg elke tree wat jy gee.

22. Die goddelose mens se eie sondes maak van hom ’n gevangene. Dit draai hom vas in sy eie sonde.

23. Hy kon homself nie beheer nie;daarom gaan hy sterf.Hy verdwaal omdat hy dwase dinge doen.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5