Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:15-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Los hulle pad uit, moenie daarop gaan nie. Draai daarvan weg en kies ’n ander koers.

16. Hulle kan nie gaan slaapas hulle nie kwaad gedoen het nie. Hulle kan nie tot ruste kom as hulle nie iemand anders ook laat struikel het nie.

17. Misdaad is hulle kos. Geweld is hulle drank.

18. Die pad van die regverdiges is soos die lig met dagbreek. Dit word al helderder totdat die volle dag aanbreek.

19. Die pad van die goddeloses is soos stikdonker. Hulle weet nie eers waaroor hulle gestruikel het nie.

20. My seun, luister baie goed na wat ek vir jou sê. Spits jou ore vir my woorde!

21. Moet dit nooit uit die oog verloor nie.Hou dit altyd in gedagte.

22. My woorde beteken lewe vir dié wat daarna luister; gesondheid vir die hele liggaam.

23. Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

24. Moenie lelike dinge sê nie. Bly ver weg van lawwe praatjies.

25. Kyk reguit vorentoe; bly gefokus op wat voor jou is.

26. Merk jou pad vir jou duidelik af,dan sal jy seker wees waarheen jy gaan.

27. Moenie links of regs van jou koers afwyk nie. Bly weg van wat verkeerd is.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4