Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:9-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. As ek te veel het, sal ek U verloën en vra: “Nou wie is die Here?”As ek te arm is, sal ek steel en my God se Naam beswadder.

10. Moet nooit ’n slaaf vals beskuldig by sy eienaar nie. Hy sal jou vervloek en dan moet jy die gelag betaal.

11. Party mense vervloek hulle pa en weier om hulle ma te seën.

12. Dis mense wat dink hulle is foutloos, maar die vuil kan nooit van hulle afgewas word nie.

13. Hulle is vol hoogmoed en vol van hulleself.

14. Hulle het tande soos swaardeen slagtande soos messe. Hulle teer op die hulpeloses en die armes onder mense.

15. Die bloedsuier het twee dogters. Die een se naam is “Gee!” en die ander s’n ook “Gee!”. Daar is drie dinge, nee, eintlik vier, wat nooit tevrede is nie:

16. die doderyk, die onvervulde begeerte om ma te word, grond wat uitgedor is, ’n vuur wat alles wil verteer.

17. Die oë van ’n man wat spot met sy pa,en hy wat ongehoorsaam is aan sy ma – die kraaie in die droë lope sal sy oë uitpik;en roofvoëls sal hom opvreet.

18. Daar is drie dingewat vir my te verbasend is, nee, eintlik is daar vierwat ek glad nie kan verstaan nie:

19. hoe ’n arendin die lug kan bly, hoe ’n slang teen ’n rots kan uitseil, hoe ’n skip op die see kan vaar en hoe ’n man die hart van ’n meisie wen.

20. Net so verbasend is dit wanneer ’n wellustige vrou haar seksuele sin kry, haar mond afvee en dan kan sê: “Ek het niks verkeerds gedoen nie.”

21. Daar is drie, nee, eintlik vier dingewat die lewe op aardeondraaglik maak:

22. ’n slaaf wat koning geword het, ’n dwaas wat hom vol geëet het,

23. ’n vrou wat nie ’n man kon kry nie en toe tog getrou het, en ’n bediende wat by haar eienares oorgeneem het.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30