Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:24-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Daar is vier goed op aarde wat klein is,maar uitsonderlik wys:

25. miere wat nie sterk is nie, maar tog reeds weet om in die somer kos weg te sit;

26. dassies wat nie baie krag het nie, maar tog tussen die rotse bly;

27. sprinkane wat nie ’n koning het nie, en tog in gelid beweeg;

28. geitjies wat jy met die hande vang, maar tog in paleise van konings bly.

29. Daar is drie, nee, eintlik vier wat pronkerig kan beweeg:

30. ’n leeu, die koning van die diere,wat vir niks uitdraai nie;

31. ’n oorlogsperd; ’n bokram; ’n koning omring deur sy leër.

32. As jy dom opgetree het deur jou aan te matig of slegte dinge beplan het, sit dan jou hand voor jou mond.

33. Melk wat gekarring word, maak botter. ’n Hou op die neus laat die bloed loop. As jy mense kwaad maak, gaan daar rusie kom.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30