Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 29:3-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. ’n Man wat lief is vir wysheidmaak sy pa baie gelukkig. Een wat hom besig hou met prostitute, mors sy geld.

4. ’n Regverdige koning bring bestendigheid in sy land. Een wat buitengewone belasting wil hê, ruïneer sy land.

5. Iemand wat sy medemens vlei, is besig om ’n valstrik te stel.

6. ’n Goddelose mens se eie sonde is sy ondergang. Iemand wat reg doen, kan vrolik sing.

7. ’n Regverdige mens gee omvir arm mense se regte. ’n Goddelose mens het geen begrip daarvoor nie.

8. Ligsinnige mensekan ’n hele stad op hol jaag; wyse mense laat gemoedere bedaar.

9. Wanneer ’n wyse man ’n hofsaak maak teen ’n dwaas, sal die dwaas heftig raak en hom beledig. Daar sal nie kalmte in die hofsaal wees nie.

10. Moordenaars haat ’n opregte mens; eerlike mense help mense wat eerbaar lewe.

11. ’n Dwaas bars uit in woede.Iemand wat wys is, hou homself in toom.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 29