Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:18-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Hy wat ’n eerbare lewe lei, sal veilig wees. Iemand wat ’n dubbele lewe lei, sal daardeur tot ’n val kom.

19. Iemand wat sy grond bewerk, sal volop hê om te eet. Wie met nuttelose dinge boer, sal armoede oes.

20. ’n Betroubare man sal geseën word. Een wat ten alle koste gou ryk wil word,gaan moeilikheid kry.

21. Dit is verkeerd om partydig te wees; tog sal sommige verkeerd optreevir ’n stukkie brood.

22. ’n Geldgierige wil vinnig ryk word. Ongelukkig weet hy nie dat hy gebrek gaan ly nie.

23. Die een wat ander berispe, kry op die einde eerder waardering as die persoon wat ander vlei.

24. Iemand wat sy ouers besteel en dan nog sê: “Ek doen niks verkeerds nie,” is so goed as ’n moordenaar.

25. ’n Gierige persoonveroorsaak rusie. Wie op die Here vertrou, sal voorspoed ervaar.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28