Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 25:19-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. ’n Gebreekte tand,’n voet wat swik,so is dit om in gevaarstaat te maakop ’n onbetroubare mens.

20. So onvanpas soos dit is om klere uit te trek op ’n koue dag, of asyn op bytsoda te sit, so min van pas is dit dat iemand vir jou liedjies sing wanneer jy treurig voel.

21. As jou vyand honger is,moet jy hom iets gee om te eet. As hy dors is, gee hom iets om te drink.

22. Die Heresal jou daarvoor vergoed. Jy sal buitendien kole ophoop op jou vyand se kop en hom vuurrooi maak van skaamte.

23. So seker soos die noordewind altyd reën bring, so seker maak hulle wat agteraf praataltyd ander mense kwaad.

24. Dit is beter om op die hoek van ’n platdak te bly, as binne-in ’n huis saam met ’n vrou wat oor alles stry.

25. Goeie nuus van ’n ver land af is soos koue water vir ’n moeë mens se dors.

26. ’n Regverdige mens wat swig voor die goddeloseis soos ’n fontein vol modder, soos ’n put met vuil water.

27. Om te veel heuning te eet, is nie goed nie,so ook is iemand wat voortdurend sy eie eer soek.

28. Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ’n stad sonder ’n muur wat beskerming bied.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 25