Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 25:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hier is nog spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit versamel.

2. Dit is God se reg om iets geheim te hou. Dit is konings se voorreg om uit te vind wat iets beteken.

3. So min soos iemand die hoogte van die lug of die diepte van die aarde kan bepaal, net so min kan iemand peil wat aangaan in die gedagtes van konings.

4. Wanneer jy die onsuiwerheid uit silwer haal, kan die smid iets van die silwer maak.

5. As jy die goddeloses by die koning wegvat, kan hy regverdig bly regeer.

6. Moenie jou vernaam hou voor die koning,en moenie gaan staan op die plek vir belangrike mense nie.

7. Dis beter wanneer vir jou gesê word: “Kom staan asseblief hier!”as dat jy plek moet maak vir iemand belangriker as jy.As jy iets opgemerk het,

8. moet jy nie te haastig wees om ’n saak teen iemand anders te maak nie. Wat sal jy agterna doen as jou buurman jou belaglik maak?

9. Bespreek eers die saak met die ander persoon. Moenie te koop loop met wat iemand vertroulik vir jou gesê het nie.

10. Jy kan dan beskuldig word dat jy skinder. Dan het jy vir altyd ’n slegte naam.

11. Woorde op die regte tyd gesê, is soos goue appels in ’n silwer houer.

12. Soos ’n goue ring by goue juwele, so is die wyse vermaning by die oor wat bereid is om daarna te luister.

13. Vir die een wat hom stuur,is ’n betroubare boodskapper net so verkwikkend soos sneeu in die somerhitte van die oes. Hy gee vir sy werkgewer nuwe moed.

14. Iemand wat spog oor ’n geskenk wat hy nooit gegee het nie, is soos wolke en wind wat geen reën bring nie.

15. ’n Leier kan met geduld oorreed word. Versigtige woorde breek harde weerstand af.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 25