Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:13-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. My kind, jy moet heuning eet. Dit is goed vir jou. Heuningstroop is lekker in die mond.

14. Net so, moet jy weet,is wysheid vir jou lewe. As jy daarop afgekom het, is daar vir jou ’n toekoms. Jou hoop sal nie verydel word nie.

15. Moenie ’n regverdige mens by sy huis gaan voorlêen soos ’n goddelose mens sy woonplek verwoes nie.

16. Selfs al val ’n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp.

17. Jy moenie bly wees as jou vyand val nie. Moenie jou daarin verheug dat hy gestruikel het nie.

18. Die Here sal sien wat jy doen en sal ontevrede wees.Hy sal jou vyandnie verder straf nie.

19. Moenie jou ontstel oor kwaaddoeners nie. Moenie afgunstig wees op goddelose mense nie.

20. Vir iemand wat kwaad doen, is daar geen toekoms nie. Die lewenslig van goddeloses gaan dood.

21. My kind, betoon eerbied aan die Here en die koning. Moet jou nie ophou met mense wat teen hulle in opstand is nie.

22. Hulle ondergang kom skielik; niemand weet watter teëspoedGod of die koning oor hulle gaan bring nie.

23. Die woorde hieronderkom ook van wyse mense. Moenie bevooroordeeld weeswanneer jy moet regspreek nie.

24. Die volk kryt ’n regter uit wat vir ’n skuldige sê: “Jy is onskuldig.” Mense en volke is verontwaardig daaroor.

25. Wanneer regters ’n regverdige beslissing maak, word hulle geprys en oorvloedig geseën.

26. Eerlike antwoorde is soos ’n soen op die mond.

27. Maak eers buite regen bewerk jou landerye. Daarna kan jy jou huis bou.

28. Moenie teen iemand getuig as hy jou nie rede daarvoor gegee het nie. Moenie mense mislei met wat jy sê nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24