Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:1-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moenie slegte mense benyen hulle geselskap begeer nie.

2. Hulle dink net aan geweld. Hulle praat net daaroorom moeilikheid te maak.

3. Met wysheid word ’n huis gebou. Insig is nodig om dit te onderhou.

4. Kennis is nodig om sy kamers te meubileer met allerhande kosbare en waardevolle artikels.

5. ’n Wyse man het krag. Iemand met kennis is sterk.

6. Jy gaan maak eers oorlog nadat jy goed beplan het. Oorwinning komwanneer baie raadgewers koppe bymekaargesit het.

7. Wysheid is buite die begrip van ’n dwaas. Wanneer hulle in die stadspoort beraadslaag, is hy nie in staat om sy mond oop te maak nie.

8. Iemand wat altyd sit en beplan om kwaad te doenword ’n knoeier genoem.

9. Die knoeiery van die dwaas is sonde. Almal verag spotters.

10. As jou knieë knak wanneer die krisis opduik, is jou krag maar baie min.

11. Red die mense wat onskuldig na die galg toe gesleep word. Hulle sal doodgemaak word as jy nie keer nie.

12. Moenie jou verontskuldig en sê: “Ons het nie geweet nie.”Hy wat die gedagtes toets, weet mos wat waarheid is. Hy wat sy hand oor jou hou, weet wat waar is. God roep elkeen tot verantwoording vir wat hy gedoen het.

13. My kind, jy moet heuning eet. Dit is goed vir jou. Heuningstroop is lekker in die mond.

14. Net so, moet jy weet,is wysheid vir jou lewe. As jy daarop afgekom het, is daar vir jou ’n toekoms. Jou hoop sal nie verydel word nie.

15. Moenie ’n regverdige mens by sy huis gaan voorlêen soos ’n goddelose mens sy woonplek verwoes nie.

16. Selfs al val ’n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan. Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp.

17. Jy moenie bly wees as jou vyand val nie. Moenie jou daarin verheug dat hy gestruikel het nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24