Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:16-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Vat klere as ’n pand van iemand wat borg staan vir ’n buitelander, kry by hom ’n waarborg wanneer hy instaan vir ’n vreemde se skuld.

17. Kos wat gesteel is, proe aanvanklik lekker. Agterna word dit klippiesin jou mond.

18. Planne slaag wat op goeie raad gebaseer is. Kry eers raad voor jy oorlog maak.

19. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit. Bly weg van iemand wat alte maklik praat.

20. Wie sy pa en ma vervloek, se lewe eindig onverwags soos ’n lamp wat doodgaanin pikdonker.

21. Besittings oneerlik verkry, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.

22. Moenie sê: “Ek sal my wreek op die kwaad wat aan my gedoen is” nie. Wag eerder op die Here. Hy sal jou saak hanteer.

23. Die Here verafsku twee stelle maatstawwe. ’n Skaal wat nie reg weeg nie, aanvaar Hy nie.

24. Die Here bepaal ’n mens se lewe. Hoe kan ’n mens verstaan wat met hom moet gebeur?

25. Jy stel vir jouself ’n strik as jy ewe maklik iets aan die Here belowe en eers agterna besef wat jy belowe het.

26. ’n Wyse koning sorteer die skuldiges uiten laat dan sy straf oor hulle gaan.

27. Die soeklig van die Hereval op die mens se lewe. Hy bring die diepste motiewe aan die lig.

28. Liefde en lojaliteit hou wag oor ’n koning. Sy troon word versterk deur liefde.

29. Jong manne se mooiheid lê in hulle krag. Dit is hulle grysheid wat oumense mooi maak.

30. ’n Pak slae suiwer die kwaad. Straf maak die binnekant skoon.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20