Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:12-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Die oor wat hoor, die oog wat sien –die Here het al twee gemaak.

13. Moenie lief wees vir slaap nie;jy kan in armoede verval.Wees wakker, en jy sal genoeg hê om te eet.

14. Die koper sê: “Nikswerd! Dis niks werd nie!” Wanneer hy weggaan, spog hy met sy winskopie.

15. Woorde wat uit kennis kom, is kosbaarder as baie goud en edelstene.

16. Vat klere as ’n pand van iemand wat borg staan vir ’n buitelander, kry by hom ’n waarborg wanneer hy instaan vir ’n vreemde se skuld.

17. Kos wat gesteel is, proe aanvanklik lekker. Agterna word dit klippiesin jou mond.

18. Planne slaag wat op goeie raad gebaseer is. Kry eers raad voor jy oorlog maak.

19. Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit. Bly weg van iemand wat alte maklik praat.

20. Wie sy pa en ma vervloek, se lewe eindig onverwags soos ’n lamp wat doodgaanin pikdonker.

21. Besittings oneerlik verkry, maak jou op die lang duur nie gelukkig nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20