Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 20:1-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wyn maak jou tong los. Sterk drank maak jou lawaaierig. Hy wat hom aan drank vergryp, is nie verstandig nie.

2. ’n Koning wek net soveel vrees as ’n leeu wat brul.Jy stel jou lewe in gevaar as jy hom kwaad maak.

3. Dit is eerbaarder om op te hou met ’n rusie; dis net dwase wat rusie soek.

4. ’n Luiaard ploeg nie wanneer dit saaityd is nie. Wanneer hy oestyd na iets soek, is daar niks om te oes nie.

5. Wat ’n mens dink, is onpeilbare diep waters, maar verstandiges sal voordeel daaruit trek.

6. Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is,maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is?

7. Hy wat opreg en eerlik leef, se kinders is baie gelukkig.

8. Wanneer die koning op sy troon sit om oor ’n saak te besluit, moet hy uitsorteer wat reg en wat verkeerd is.

9. Wie is daar wat kan sê: “Ek het my hart gesuiwer, ek het my gereinigvan al my sonde”?

10. Die Here het nie tyd vir dubbele standaarde en vals mate nie.

11. Selfs ’n jongmens word beoordeel volgens wat hy doen;aan sy optrede word bepaal of dit suiwer en opreg is.

12. Die oor wat hoor, die oog wat sien –die Here het al twee gemaak.

13. Moenie lief wees vir slaap nie;jy kan in armoede verval.Wees wakker, en jy sal genoeg hê om te eet.

14. Die koper sê: “Nikswerd! Dis niks werd nie!” Wanneer hy weggaan, spog hy met sy winskopie.

15. Woorde wat uit kennis kom, is kosbaarder as baie goud en edelstene.

16. Vat klere as ’n pand van iemand wat borg staan vir ’n buitelander, kry by hom ’n waarborg wanneer hy instaan vir ’n vreemde se skuld.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 20