Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 2:16-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Die wysheid sal jou weghouuit die kloue van ’n slegte vrou. Dit sal jou spaar van die verleidelike woorde van ’nvreemde vrou.

17. Sy het haar man gelos en vergeet van haar belofte aan haar God.

18. Haar huis is die kortpad na die dood. Haar weg eindig tussen die dooies.

19. Mense wat agter haar aangaan, kom nooit weer terug nie; hulle kom nooit weer op die paaie van die lewe nie.

20. Loop jy liewer op die pad van goeie mense.Hou by die paaie van die regverdiges.

21. Die opregtes sal in die land bly woon. Hulle wat eerbaar is, sal ongesteurd daar kan bly.

22. Goddeloses sal verwyder word uit die land. Bedrieërs sal uitgeroei word.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 2