Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 2:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. My seun, luister mooi na wat ek vir jou sê. Bewaar wat ek vir jou leer.

2. Spits jou ore vir die wysheid. Span jou in om dit te verstaan.

3. Roep na insig. Roep hardop vir begrip.

4. Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos ’n versteekte skat.

5. Dan sal jy weet wat dit beteken om respek te hê vir die Here. Jy sal leer om God te ken.

6. Dit is tog die Herewat wysheid gee.Sy woorde gee kennis en insig.

7. Hy laat hulle wat reg leef, sukses behaal. Hy is ’n skild vir hulle wat hulle pad suiwer hou.

8. Hy beskerm hulle wat ’n reguit pad loop. Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars.

9. As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly.

10. Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis.

11. Oordeelkundigheid sal jou beskerm,verstandigheid sal na jou omsien.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 2