Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 18:11-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Die ryk man beskou sy rykdom as ’n ondeurdringbare vesting. In sy verbeelding is dit ’n hoë muur waaragter hy beskerm word.

12. Op selfverheffing volg ineenstorting.Op nederigheidvolg eer.

13. Iemand wat ’n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom.

14. Innerlike sterkte dra ’n mensdeur sy liggaamlike siekte. Hoe kan iemand egter uithou as hy moed verloor het?

15. ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis.

16. ’n Geskenk maak ander se harte oop vir jou. Dit maak belangrike mense toeganklik vir jou.

17. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit.

18. Rusies kan besleg word deur die lot te werp.Dit kan beslissings vel tussen twee sterk teenstanders.

19. ’n Verontregte broeris meer ontoeganklikas ’n gewapende stad; ’n rusie is soos die balk wat deure toesluit.

20. Deur die regte woorde te gebruik kan ’n mens sy honger stil. Hy kan genoeg kry om te eet met wat hy sê.

21. Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.

22. Iemand wat ’n goeie vrou kry, het geluk gevind. Hy geniet die goedheid van die Here.

23. ’n Arm mens vra mooi. ’n Ryk mens gee kortaf antwoorde.

24. Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook ’n vriend wees wat nader aan jou isas jou eie broer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 18