Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:8-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Omkoopgeskenke sluit deure oopvir dié wat dit gee, dit maak hom suksesvol oral waar hy gaan.

9. Iemand wat stilbly oor onreg teenoor hom, bevorder liefde tussen mense. Om gedurig daaroor te praat, dryf vriende uitmekaar.

10. Een teregwysing bereik meer by ’n verstandige mens as 100 houe oor die rug van ’n dwaas.

11. Hulle wat daarop uit isom kwaad te doen, veroorsaak rebellie. Hulle sal genadeloos gestraf word.

12. Dis beter om ’n beer teë te kom wat van kleintjies beroof is, as om ’n dwaas met sy sotheid te konfronteer.

13. As jy goed met kwaad vergeld,sal kwaad nooit uit jou huis verdwyn nie.

14. Om rusie aan die gang te sit, is soos om ’n sluis oop te trek. Staak liewer die stryery voor die vloed jou tref.

15. Die Here verafsku twee dinge: iemand wat die skuldige onskuldig verklaar;en iemand wat onskuldige mense skuldig verklaar.

16. Dit het geen nut om vir ’n dwaas geld te gee om wysheid te koop nie. Hy het geen behoefte aan wysheid nie.

17. Op ’n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is.

18. Iemand wat borg staan, het nie verstand nie. Net só ’n persoon sal instaan vir die skuld van sy naaste.

19. Iemand wat bakleierig is, hou van sonde. Iemand wat arrogant is, soek sy eie ondergang.

20. ’n Huigelagtige mens sal nie voorspoed hê nie. Hy wat die waarheid verdraai, stort homself in die ongeluk.

21. Die pa van ’n dwaas ervaar baie hartseer. Daar is geen vreugde vir ’n pa as sy seun ’n dwaas is nie.

22. ’n Vrolike mens is soos goeie medisyne. ’n Neerslagtige mens tap jou krag.

23. ’n Goddelose mens aanvaar omkoopgeskenkeen verdraai so die reg.

24. ’n Verstandige mens hou wysheid goed in die oog. ’n Dwase mens se gedagtes dwaal doelloos rond.

25. ’n Onverstandige seun is vir sy pa ’n ergernis. Vir sy ma is hy ’n bitter verdriet.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17