Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:3-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Silwer word in vuur gesuiwer en goud in ’n oond. Maar die Heretoets die hart van ’n mens.

4. Moeilikheidmakers luister graag na kwaadwillige woorde. Leuenaars gee aandag aan bedrieglike idees.

5. Iemand wat ’n arm mens spot, beledig sy Maker. Iemand wat lekker kry oor ’n ander se ongeluk, sal self nie daarvan vrykom nie.

6. Kleinkinders is vir grootouers soos ’n koning se kroon. Pa’s is vir hulle seuns ’n trots.

7. Welsprekendheid pas nie by ’n dwaas nie. Nog minder pas leuens by ’n man van aansien.

8. Omkoopgeskenke sluit deure oopvir dié wat dit gee, dit maak hom suksesvol oral waar hy gaan.

9. Iemand wat stilbly oor onreg teenoor hom, bevorder liefde tussen mense. Om gedurig daaroor te praat, dryf vriende uitmekaar.

10. Een teregwysing bereik meer by ’n verstandige mens as 100 houe oor die rug van ’n dwaas.

11. Hulle wat daarop uit isom kwaad te doen, veroorsaak rebellie. Hulle sal genadeloos gestraf word.

12. Dis beter om ’n beer teë te kom wat van kleintjies beroof is, as om ’n dwaas met sy sotheid te konfronteer.

13. As jy goed met kwaad vergeld,sal kwaad nooit uit jou huis verdwyn nie.

14. Om rusie aan die gang te sit, is soos om ’n sluis oop te trek. Staak liewer die stryery voor die vloed jou tref.

15. Die Here verafsku twee dinge: iemand wat die skuldige onskuldig verklaar;en iemand wat onskuldige mense skuldig verklaar.

16. Dit het geen nut om vir ’n dwaas geld te gee om wysheid te koop nie. Hy het geen behoefte aan wysheid nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17