Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:19-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Iemand wat bakleierig is, hou van sonde. Iemand wat arrogant is, soek sy eie ondergang.

20. ’n Huigelagtige mens sal nie voorspoed hê nie. Hy wat die waarheid verdraai, stort homself in die ongeluk.

21. Die pa van ’n dwaas ervaar baie hartseer. Daar is geen vreugde vir ’n pa as sy seun ’n dwaas is nie.

22. ’n Vrolike mens is soos goeie medisyne. ’n Neerslagtige mens tap jou krag.

23. ’n Goddelose mens aanvaar omkoopgeskenkeen verdraai so die reg.

24. ’n Verstandige mens hou wysheid goed in die oog. ’n Dwase mens se gedagtes dwaal doelloos rond.

25. ’n Onverstandige seun is vir sy pa ’n ergernis. Vir sy ma is hy ’n bitter verdriet.

26. Dis verkeerd om ’n onskuldige’n boete op te lê, of om ’n persoon van aansien te straf omdat hy eerlik is.

27. Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm.

28. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is;en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17