Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 17:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dit is beter om in vrededroë brood te eet as om by ’n fees te sit in ’n huis waar daar gestry word.

2. ’n Verstandige slaaf kan heers oor ’n seun wat skande maak.Hy sal saam met die broers hulle pa se goed erf.

3. Silwer word in vuur gesuiwer en goud in ’n oond. Maar die Heretoets die hart van ’n mens.

4. Moeilikheidmakers luister graag na kwaadwillige woorde. Leuenaars gee aandag aan bedrieglike idees.

5. Iemand wat ’n arm mens spot, beledig sy Maker. Iemand wat lekker kry oor ’n ander se ongeluk, sal self nie daarvan vrykom nie.

6. Kleinkinders is vir grootouers soos ’n koning se kroon. Pa’s is vir hulle seuns ’n trots.

7. Welsprekendheid pas nie by ’n dwaas nie. Nog minder pas leuens by ’n man van aansien.

8. Omkoopgeskenke sluit deure oopvir dié wat dit gee, dit maak hom suksesvol oral waar hy gaan.

9. Iemand wat stilbly oor onreg teenoor hom, bevorder liefde tussen mense. Om gedurig daaroor te praat, dryf vriende uitmekaar.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 17