Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:19-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Eerder nederig lewesaam met armes as om buit te deel met hoogmoediges.

20. Hy wat na onderrig luister, sal voorspoed geniet.Dit gaan goed met elkeen wat op die Here vertrou.

21. Iemand wat wys is, word ’n verstandige genoem. As hy welsprekend is, kan hy ook ander leer.

22. Vir iemand met insig is dit die bron van sy lewe. Om dwase tereg te wys is dwaasheid.

23. ’n Mens wat wys is, sê verstandige dinge. Hy kan ander mense onderrig.

24. Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe.

25. Dit kan lyk of ’n mens reg lewe.Agterna gesien is dit die pad na die dood.

26. ’n Werker se honger motiveer hom om te werk, sy behoefte aan kos dryf hom.

27. ’n Nikswerd mens stook kwaad, wat hy sê, is soos ’n vernietigende vuur.

28. Iemand wat leuens verkoop,sit rusie aan die gang. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.

29. Iemand wat geweld voorstaan, mislei sy naaste en lei hom op ’n verkeerde pad.

30. Iemand wat met sy oog knik, is besig om slinkse planne uit te dink. Hy pers sy lippe opmekaar, so vasberade is hy oor sy boosheid.

31. Grys hare is soos ’n pragtige kroon, ’n mens kry dit by personewat reg lewe.

32. Dis beter om geduldig te wees as dapper. Selfbeheersing is beter as om ’n stad in te neem.

33. Mense kan lootjies trek,maar die Here sal bepaalwat die uitkoms sal wees.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16