Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Mense kan planne maak, maar die finale besluit kom van die Here af.

2. Alles wat hy doen,kan vir die mens reg lyk.Die Here weet egter waarom hy dit alles doen.

3. Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.

4. Die Here het alles gemaak vir ’n bepaalde doel, ook die goddelose vir die dag van straf.

5. Die Here verafsku elke verwaande mens. Maar wees verseker, hulle sal nie ongestraf bly nie.

6. Liefde en lojaliteit bring versoening vir oortredings. Kwaad word vermy wanneer daar respek isvir die Here.

7. As die Here gelukkig is met die manier waarop iemand lewe, sal Hy selfs sy vyande in vrede met hom laat lewe.

8. Dis beter om arm te wees en regverdig, as om ryk en oneerlik te wees.

9. ’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.

10. As die koning praat, is dit met Goddelike gesag. Sy uitsprake mag nooitonregverdig wees nie.

11. Die Here vereis eerlikheid en billikheid in die handel. Hy bepaal die maatstawwe daarvoor.

12. Die koning verafsku misdade. Sy regering berus op regverdigheid.

13. Die koning is tevrede wanneer mense eerlik praat.Hy stel dit op prys as mense die waarheid praat.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16