Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:4-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. As daar nie vee is nie, is die voerkrip wel skoon; maar sonder ’n sterk osis daar ook nie ’n oes nie.

5. ’n Betroubare getuie lieg nie. ’n Vals getuie loop oor van leuens.

6. Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis.

7. Vermy ’n dwase mens. By hom sal jy niks kan leer nie.

8. Die wysheid van ’n verstandige mensleer hom om sy lewe te verstaan. Die dwaasheid van ’n dwase mens mislei hom.

9. Dwase spot oor skuldoffers. Dié wat opreg lewe, ervaar versoening.

10. Net ’n mens self verstaan die bitterheid in sy hart. Niemand anders kan sy vreugde voluit deel nie.

11. Die goddelose se nageslag sterf almal uit. Die opregtes het ’n groot nageslag.

12. Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.

13. Lag kan hartseer wegsteek; as die vrolikheid verby is, bly die verdriet nog agter.

14. ’n Onbetroubare menskry sy verdiende loon. ’n Goeie mens pluk die vrugte van sy goedheid.

15. ’n Dwaas glo alles wat hy hoor. ’n Verstandige mens oorweeg elke tree wat hy gee.

16. ’n Wyse persoon is versigtig, hy vermy die kwaad. ’n Dom mens is oorverseker en gaan maar net aan sonder om te dink.

17. Iemand wat kort van draad is, doen dom dinge. Almal haat ’n agterbakse mens.

18. ’n Dom mens ly onder sy eie dwaasheid. Verstandige mense word met kennis bekroon.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14