Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:29-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. ’n Geduldige mens het baie insig. Iemand wat kort van draad is, stal sy dwaasheid uit.

30. Innerlike kalmte bevorder die gesondheid. Jaloesie vreet ’n mens op.

31. Iemand wat ’n arm mens verdruk, beledig die Een wat hom gemaak het. Hy wat hom oor ’n arme ontferm, eer God.

32. Die goddelose kom tot ’n val deur sy eie boosheid. Die regverdige het ’n toevlug wanneer hy doodgaan.

33. Wysheid vloei voort uit ’n verstandige hart,ook as iemand tussen dwase beweeg,kom dit na vore.

34. Regverdigheid maak ’n volk sterk. Sonde bring skande oor ’n volk.

35. ’n Koning het vreugde in bedrewe amptenare. Hy word kwaad vir een wat skande maak.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14