Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 14:24-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Wyse mense word met rykdom bekroon. Dwaasheid van dwase mense lei tot nog meer dwaasheid.

25. ’n Eerbare getuie red lewens, ’n vals getuie steek ander in die rug.

26. Hy wat ontsag het vir die Here, geniet sekuriteit; sy kinders vind vastigheid by hom.

27. Ontsag vir die Hereis ’n bron van lewe; dit beskerm jou teen die strikke van die dood.

28. ’n Koning se aansien groei volgens die getal van sy onderdane; as die bevolking krimp, gaan hy te gronde.

29. ’n Geduldige mens het baie insig. Iemand wat kort van draad is, stal sy dwaasheid uit.

30. Innerlike kalmte bevorder die gesondheid. Jaloesie vreet ’n mens op.

31. Iemand wat ’n arm mens verdruk, beledig die Een wat hom gemaak het. Hy wat hom oor ’n arme ontferm, eer God.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 14