Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 13:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Teëspoed lê op die hakke van die sondaars. Die regverdiges word met voorspoed beloon.

22. ’n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders. ’n Sondaar se besittingsbeland by die regverdiges.

23. Wanneer armes se grond bewerk is, gee dit genoeg kos vir hulle; maar deur onreg word die kos van hulle af weggevat.

24. Hy wat sy seun nie dissipline leer nie, het hom nie regtig lief nie. As hy hom liefhet, sal hy hom dissiplineer.

25. Die regverdige mens het oorgenoeg om te eet. Goddelose mense bly altyd honger.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 13