Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 12:11-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Wie sy grond bewerk, het volop om te eet. Wie met nuttelose dinge besig is, het nie verstand nie.

12. Die goddelose soek veiligheid in verkeerde dade. Die regverdiges is goed gevestig.

13. ’n Slegte mens se woorde is ’n strik vir homself. Iemand wat reg lewe, ontduik moeilikheid.

14. Met jou woorde kan jy baie goeie dinge kry. Die werk van hulle hande gee hulle ook baie voorregte.

15. Vir ’n dwaas is net sy eie pad die regte een.Iemand wat wys is, luister na ander se raad.

16. ’n Dwaas is opvlieënd; ’n verstandige persoon bly kalm wanneer hy beledig word.

17. Die regverdige mens getuig die waarheid; ’n getuie wat lieg, pleeg bedrog.

18. Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak.’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing.

19. Die waarheid hou vir altyd; die leuen kom gou aan die lig.

20. Daar is bedrog in die harte van hulle wat kwaad bedink. Daar is vreugde in die harte van hulle wat vrede beplan.

21. Die regverdige spring probleme vry. Die goddeloses se lewe is vol rampe.

22. Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan.

23. ’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis.Dwase basuin hulle onkunde uit.

24. Dié wat pligsgetrou werk, word leiers; lui mense word slawe.

25. Bekommernis rem ’n mens af; bemoedigende woorde maak hom bly.

26. Die regverdige kyk mooi waar hy loop; maar die pad van goddeloses is ’n dwaalweg.

27. Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel.

28. Die pad van die regverdige loop na die lewe;dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 12