Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10:5-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die verstandige mens samel sy oes inin die somer. Hy wat in die oestyd slaap, bring skande oor homself.

6. Die regverdige word oorlaai met seëninge. Die slegte bedoelings van goddelosessteek hulle weg agter woorde.

7. Dié wat reg lewe,sal lank onthou word. Hulle wat verkeerd gelewe het, sal gou vergeet word.

8. ’n Mens met verstand aanvaar bevele. Hulle wat onsin babbel, bereik niks.

9. Die een wat opreg lewe, lewe in veiligheid. Die een wat kronkelpaaie loop, kom tot ’n val.

10. Hy wat skelmstreke uitdink, veroorsaak moeilikheid. Hy wat aanhou onsin praat, kom self tot ’n val.

11. Die woorde van die regverdige is soos ’n fontein van lewe. Die woorde van goddeloses steek geweld weg.

12. Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.

13. Iemand wat insig het, sê dinge wat verstandig is. Die een wat onverstandig is, kry slae.

14. Wyse mense versamel kennis. Dwase se gebabbel bring spoedig teëspoed.

15. Die ryke se eiendom gee vir hom beskerming. Armoede is die arm mens se ondergang.

16. Wat die regverdige verdien, gebruik hy om van te lewe. Wat die goddelose verdien,verkwis hy op oortredings.

17. Mense wat hulle laat reghelp, is op die pad na die lewe. Hulle wat teregwysing verwerp, laat ander verdwaal.

18. Wie sy haat agter woorde wegsteek, is ’n leuenaar. Hy wat skinderstories versprei, is ’n dwaas.

19. Meer woorde bring nie minder sonde nie.Hy wat sy woorde tel, is verstandig.

20. Die woorde van die regverdige is soos gekeurde silwer. Die gedagtes van die goddelose is min werd.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 10