Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10:25-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Wanneer teëspoed kom soos ’n stormwind, is goddeloses daarmee heen, maar die regverdiges bly stewig staan.

26. ’n Lui mens is ’n aanstoot vir dié wat hom werk gee. Hy is soos asyn tussen die tande, of soos rook in die oë.

27. Hy wat ontsag hetvir die Here, maak sy lewe langer; die goddelose se lewe word kortgeknip.

28. Die regverdiges kan vreugde verwag, maar goddeloses het geen hoop nie.

29. Wat die Here laat gebeur, versterk dié wat reg lewe. Dit vernietig egter hulle wat kwaad doen.

30. Die regverdige sal nooit wankel nie. Die goddeloses sal nie in die land bly woon nie.

31. Uit die mond van regverdiges kom wysheid. ’n Tong wat kwaad saai, sal afgesny word.

32. Die regverdige weet wat die gepaste dinge is om te sê. Wat die goddeloses sê, bring moeilikheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 10