Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10:21-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Die regverdiges bring lewe deur hulle woorde. Die dwase vernietig hulleself weens ’n gebrek aan gesonde verstand.

22. Dit is die Here se seën wat rykdom bring. Hy gee nie hartseer daarmee saam nie.

23. Dit is vir die dwaas lekker om verkeerd op te tree.Mense met insig geniet die wysheid.

24. Goddelose mense kom die dinge oor waarvoor hulle bang is. Die regverdige kry waarvoor hy gehoop het.

25. Wanneer teëspoed kom soos ’n stormwind, is goddeloses daarmee heen, maar die regverdiges bly stewig staan.

26. ’n Lui mens is ’n aanstoot vir dié wat hom werk gee. Hy is soos asyn tussen die tande, of soos rook in die oë.

27. Hy wat ontsag hetvir die Here, maak sy lewe langer; die goddelose se lewe word kortgeknip.

28. Die regverdiges kan vreugde verwag, maar goddeloses het geen hoop nie.

29. Wat die Here laat gebeur, versterk dié wat reg lewe. Dit vernietig egter hulle wat kwaad doen.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 10