Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 10:10-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Hy wat skelmstreke uitdink, veroorsaak moeilikheid. Hy wat aanhou onsin praat, kom self tot ’n val.

11. Die woorde van die regverdige is soos ’n fontein van lewe. Die woorde van goddeloses steek geweld weg.

12. Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.

13. Iemand wat insig het, sê dinge wat verstandig is. Die een wat onverstandig is, kry slae.

14. Wyse mense versamel kennis. Dwase se gebabbel bring spoedig teëspoed.

15. Die ryke se eiendom gee vir hom beskerming. Armoede is die arm mens se ondergang.

16. Wat die regverdige verdien, gebruik hy om van te lewe. Wat die goddelose verdien,verkwis hy op oortredings.

17. Mense wat hulle laat reghelp, is op die pad na die lewe. Hulle wat teregwysing verwerp, laat ander verdwaal.

18. Wie sy haat agter woorde wegsteek, is ’n leuenaar. Hy wat skinderstories versprei, is ’n dwaas.

19. Meer woorde bring nie minder sonde nie.Hy wat sy woorde tel, is verstandig.

20. Die woorde van die regverdige is soos gekeurde silwer. Die gedagtes van die goddelose is min werd.

21. Die regverdiges bring lewe deur hulle woorde. Die dwase vernietig hulleself weens ’n gebrek aan gesonde verstand.

22. Dit is die Here se seën wat rykdom bring. Hy gee nie hartseer daarmee saam nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 10