Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 1:9-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek.

10. My seun, as goddelose mense jou wil ompraat, moenie na hulle luister nie.

11. Hulle sal miskien vir jou sê: “Kom saam met ons! Kom ons gaan lê iemand voor en vermoor hom.Kom ons oorval iemand, al het hy niks aan ons gedoen nie.

12. Ons wil hulle lewendig laat verdwyn, net soos in ’n graf, soos gesonde mense wat in die dood wegsink.

13. Ons wil baie waardevolle dingebekom, ons huise vol maak met alles wat ons buit.

14. Word een van ons! Dan deel ons in die buit.”

15. My seun, met hullemoet jy nie saamgaan nie. Bly ver van die pad waarop hulle loop.

16. Hulle loop agter kwaad aan. Hulle kan skaars wag om iemand te vermoor.

17. Wanneer ’n voël sien daar is vir hom ’n wip gestel,dan vlieg hy mos weg.

18. Maar hierdie mense stel vir hulleself ’n hinderlaag op. Hulle soek self na hulle dood.

19. So gaan dit met elkeenwat met geweld ryk wil word: sulke rykdom verwoes die lewe van die een wat dit verkry.

20. Wysheid staan en roep op die straat. Op die stadspleine roep sy hardop.

21. Sy roep by die plekke waar mense bymekaarkom. Sy praat by die ingangevan die stadspoorte. Haar boodskap is:

22. “Hoe lank gaan julle domkoppe nog bly klou aan julle domheid? Hoe lank gaan die spotters aanhou met hulle gepratery? Hoe lank gaan die swape kennis bly verwerp?

23. “As julle reageer op my berisping, sal ek my gees op julle uitstort. Ek sal my woordeaan julle bekendmaak.

24. Ek het na julle geroep, maar julle wou nie luister nie. Ek het my hand uitgesteek na julle,maar julle het dit nie gevat nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 1